top of page
diversity-casual-teenager-team-success-winning-concept.jpg
VS Agri charity challenge.png
Ons Jeug is Ons Toekoms!

Die liefdadigheidsorganisasies wat ondersteun word deur die VS Agri Charity Challenge sluit in:

Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrum

Dominee Kotie Marais, leraar van die NG Kerk Vrede-Wes en sy vrou was huisouers by Gedenk Kinder- en Jeugsorgsentrum in Ladybrand. Toe die proses van desentralisasie en transformasie van die groot kinderhuise begin het, het hy hom in die lig van hul ervaring geroepe gevoel om leiding te neem in Vrede.

 

Die Jeugsorgsentrum is gedurende Junie 2002 geopen en is geleë te Kühnstraat 100 in Vrede.

Die Vrede Jeugsorgsentrum is geregistreer om 12 seuns en dogters, tussen die ouderdomme van 0 en 18 jaar te versorg.

kids-playing-together-kindergarten.jpg
memories-kids-children-running-green-forest.jpg

Lerato Kinder- en Jeugsorgsentrum

Sedert 2000 versorg Lenie en Pine Pienaar mishandelde en verlate kinders in hul gemeenskap. Dit het alles begin met 'n seuntjie wat net twee maande oud was. Dit was nooit hul bedoeling om na nog kinders om te sien nie, maar voor hulle dit geweet het, het die maatskaplike departement nog kinders na hulle begin stuur. 

In 2007 het hulle, daarin geslaag om Lerato Kinder- en Jeugsorgsentrum te registreer. Tans is daar agtien kinders in die huis. Hulle ouderdomme wissel van geboorte tot agtien jaar. Hulle woon almal openbare skole by en neem deel aan sportaktiwiteite ens.

Bramley Kinder- en Jeugsorgsentrum

Bramley Kinderhuis is 'n residensiële sorgfasiliteit vir getraumatiseerde, mishandelde en verwaarloosde kinders, wat deur hofbevel uit hul onstabiele huisomstandighede verwyder is. Bramley Kinderhuis bestaan reeds sedert 1960 en is geleë in Groenkloof, Pretoria.

Die huis is geregistreer om 54 kinders te akkommodeer.  Die kinderhuis lewer 'n holistiese diens aan die kinders tussen die ouderdomme van 5-18 jaar. Die kinderhuis sorg vir hul fisiese, intellektuele, geestelike sowel as hul emosionele behoeftes. Bramley Kinderhuis gee ook aandag aan gesinsherintegrasie en permanente alternatiewe sorg vir van die kinders.

interracial-group-kids-posing-together-park.jpg
bottom of page